News

Stel gesondheidswerkers, pasiënte eerste pleit VF+

Leier van die VF Plus in Mpumalanga, mnr. Werner Weber, eis dringende ingryping in die beveiliging van gesondheidswerkers tydens die staking van Nehawu-lede.

Die VF Plus het daarom ’n dringende skrywe aan die provinsiale departement van gesondheid gerig om veiligheidsmaatreëls vir gesondheidswerkers tydens die staking te verskerp.

Dié versoek volg nadat ’n video verlede week op sosiale media versprei is waarin gesien kan word hoe lede van Nehawu ’n jong vroulike dokter met geweld uit haar kantoor in ’n Mpumalanga-hospitaal verwyder.

“Nehawu het boonop luidens mediaberigte laat blyk dat die staking, wat met intimidasie en die dood van pasiënte gepaardgaan, verskerp sal word,” sê Weber.

“Alhoewel die staking ’n nasionale aangeleentheid is, is elke provinsiale departement steeds verantwoordelik vir die veiligheid van sy werkers,” las hy by.

Weber waarsku dat die VF Plus die departement aanspreeklik sal hou indien ’n soortgelyke voorval weer in Mpumalanga plaasvind en sal toesien dat die departement sy grondwetlike plig rakende gesondheidsorg in die provinsie nakom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button