News

Die dag toe Polla vloek en Salie strafdrieë toeken

Belfast Rugbyklub was waarskynlik een van die eerste “veelrassige” klubs in die ou Suidoos-Transvaal, maar ook een van die eerstes wat die slagoffer was van politiek in sport.

In 1954 is Jim Mtsweni, wat die klub se skoonmaker was, aanvaar as ingeskrewe lid.

Die seisoene van 1979 en 1980 was die gloriejare toe Belfast die Superliga wen.
Veral die jaar 1980 was spesiaal nadat Belfast nie een wedstryd verloor nie.

In die eindstryd teen Witbank is ’n strafdrie deur skeidsregter Giel Duvenhage, van Groblersdal, teen die klub toegeken en die telling was op ’n stadium Witbank 32 – Belfast 21.

Die span “van die lang bome” het egter teruggeveg om met 33-32 te wen.

Daar was groot opgewondenheid want met die oorwinning het Belfast gekwalifiseer vir die Toyota klubkampioenskappe in Durban.
Daar is hard geoefen vir die groot Paastoernooi wat in 1981 aangebied sou word.

Belfast word die eerste slagoffer van politiek in sport toe ’n “Kleurlingklub” in hulle plek genooi word.

Dit was natuurlik ook die jaar toe Errol Tobias saam met Danie Gerber die toetsspan gehaal het teen Ierland op Nuweland. Die Bokke het met 23-15 gewen.

•Intussen het Hanco Pienaar die volgende boodskap gestuur nadat hy die berig gelees het oor sy oupa, Pine Pienaar.

“Ek het die berig gelees oor my oupa, Pine Pienaar, en het sommer hoendervleis gekry soos ek dit gelees het. My pa, ook Pine Pienaar, het self 26 jaar diens gedoen vir Belfast. Ek stuur ’n foto van waar my Oupa en Pa saam is die span, heel agter links staan.”

Belfast Rugbyklub hou op Saterdag, 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.

Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:

Ferdie Brits 082 337 8776.

Ernst van den Berg 083 2271 051.

Francois de Villiers 082 9265 759

Gawie van Rensburg 082 8064 825

Ryno Kleinhans 084 7179 122

Johan Burger 082 9219 821.

Die Belfast Rugbyklub het in 2004 sy honderdjarige bestaan gevier.

•Een van die stories wat sekerlik opgediep gaan word is die dag toe skeidsregter Salie Pienaar en Polla Fourie koppe gestamp het. Polla was ’n Springbok en Belfast se speler van die eeu. Salie was ’n kort en streng mannetjie. Hy was sekerlik ook die eerste lynregter in die land wat ’n geel kaart gekry het. (Dis ’n storie vir ’n anderdag).

Die relletjie het so verloop:

Polla was omgekrap met Salie se beslissings en het hom gevloek. Pienaar was nie links nie en het ’n strafskop op die middellyn toegeken.

Polla het weer gevloek: Strafdrie! Na die afskop het Polla weer gevloek: Strafdrie! Die Bok het weer gevloek: Strafskop op die middellyn. Weer ’n vloekery: Strafdrie!

Na die derde strafdrie het Polla ophou vloek.

Die komieste van alles? Witbank het steeds verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button