News

Man wat verdwyn het, was bedwelm

Familie wonder wat het in die vier dae wat JP Clark weg was, met hom gebeur het.

Mnr. JP Clark (51), die man wat verlede Vrydag verdwyn het nadat hy gegaan het vir ’n mediese ondersoek, het positief getoets vir ’n dwelmmiddel.

Mnr. Stephan Grobler (Gemeenskap in Blou, Blinkpan) het pas bevestig dat hy ’n toets gekoop en mnr. Clark getoets het.

Hy wou nie uitbrei waarvoor mnr. Clark positief getoets het nie, maar sê dit kon hom beslis bedwelm het dat hy nie geweet het wat met hom gebeur nie.

“JP het nou al flashbacks gehad dat hy by die Klipfontein dammetjies eenkeer wakker geword het en ook by die Jackaroo Plotte, maar dan is hy net weer bedwelm,” het mnr. Grobler gesê.

Mnr. Grobler, wat vir 10 jaar ’n polisieman was, sê mnr. Clark was net so geskok soos hy toe hy die spesifieke dwelm in sy bloed kry.

“Toe hulle hom kry toe hy deurmekaar by sy huis verby gery het, kon hy niks onthou nie. Hy kon nie eers onthou dat hy ’n dieselwerktuigkundige was nie, maar dat hy wel ’n polisieman was.” Mnr. Clark was as jong man vir ’n paar jaar ’n polisieman,

Mnr. Clark se dogter, Tertia, sê die gebeure is vir hulle almal geweldig traumaties.

“Ons was met my pa by die dokter. My Dad staan net op, eet en slaap, Hy is geweldig lyfseer en baie swak. Al wat hy steeds onthou, is dat hy daardie energiesakkie, wat gelek het, gedrink het.”

Sy sê hy het ook probleme met sy korttermyn geheue.

Mnr. Grobler meld dat die spesifieke dwelmmiddel wat hy ingegee het, wel erge lyfseer vir ’n ruk kan veroorsaak is dit vir iemand gegee word wat nie dwelms gebruik nie.”

Hy het genoem dat daar in die paar dae wat mnr. Clark weg was, geld uit sy rekening onttrek is en dat sy selfoon skielik ’n kode opgehad het, wat nou keer dat enigiemand op die foon kan ingaan.

“JP het nog nooit ’n kode op sy selfoon gehad nie. Boonop was daar ’n papiertjie met ’n persoon se naam en selnommer ook by hom gevind. JP weet glad nie wie se nommer dit was nie. Ek het die nommer gebel en het ’n man aggressief geantwoord en daarna doodgedruk toe ek probeer uitvra. Daarna was die nommer af.”

  • Mnr. Clark het Vrydagoggend vir ’n mediese ondersoek in eMalahleni gegaan, omdat hy Maandag by ’n nuwe werk in Bethal sou begin. Hy die mediese ondersoek geslaag en het van daar af by ’n kleink winkeltjie gestop vir ’n energiesakkie. Hy het vir sy familie gesê hy het gesien die sakkie lek, maar dit steeds gedrink. Van daar af kan hy niks onthou nie en kry net soms ’n terugflits oor die naweek se gebeure. Mnr. Grobler sê mnr. Clark weet egter nie waar hy was of saam met wie hy was nie.
  • Verskeie mense het op die Middelburg Observer se Facebookblad kommentaar gelewer en gesê dat hulle ook weet van gevalle waar persone se drankies, hetsy koeldrank of drank, gedokter was en hulle ook nie kon onthou wat met hulle gebeur het nie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button