Dagpatrollie bring hoop vir twee jongmense
Die Dagpatrollie het hoop gebring vir Thomas Visser en Elise du Toit.
Die paartjie, wat erken hulle het voorheen dwelms gebruik, het by die Dagpatrollie aangeklop om hul lewens op ’n nuwe koers te probeer bring.
Hulle bly in ’n bouval op die dorp.
Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) sê hulle het ’n werksgeleentheid vir Thomas gekry.
“Ons gaan die situasie monitor en in kontak bly met Thomas se werkgewer. As hy homself bewys, sal ons vir hom oorpakke koop. Hoe meer hy sy kant bring, hoe meer sal ons help.”
Hulle wil nie uit die staanspoor alles vir hom gee nie, “want ons is al ’n paar maal in die tande geskop as ons wou help en dan het dinge skeef geloop. Nou gaan ons die situasie mooi dophou.”
• Thomas en Elise het die Dagpatrollielede bedank wat hulle op hierdie stadium bystaan.
