News

Erfenisterrein in Kareestraat opgeknap

Die projek is geloods na gelang van versoeke wat vanuit die gemeenskap ontvang is.

AfriForum se Middelburg-tak het die gras by die konsentrasiekamp kinderbegraafplaas in Kareestraat gesny en die algemene netheid van die terrein verbeter.

Tydens die projek het vrywilligers en lede van AfriForum se Middelburg-tak die gras gesny en rommel opgetel. Daar is ’n bakkievrag vol gras weggery.

Hierdie erfenisterrein het grafte van kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het.

“Die Steve Tshwete Munisipaliteit versuim om hulle pligte na te kom en die terrein skoon te hou en daarom het die tak dit op hulself geneem om te sorg dat hierdie terrein netjies is.

“Ons onderneem om die projek aan te neem as ’n volhoubare projek en sal binnekort ’n opvolg loods om die terrein verder op te knap,” sê Mike Ebersohn, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

“Dit is belangrik om hierdie terrein skoon en netjies te hou sodat ons geskiedenis behoue kan bly vir die volgende geslagte.”

Sluit vandag aan by AfriForum se Middelburg-tak, sms “Middelburg” na 45340 (R1) of stuur ’n e-pos aan: voorsitter.middelburg@afriforumtak.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button