News

R2 000 om gesteelde goedere terug te kry

Die nuwe tendens onder dwelmslawe om goed te steel en dan geld te vra om dit terug te besorg het weer kop uitgesteek.

Volgens ‘n anonieme inwoner van Mineralia, is hulle oortuig dat vier bekende dwelmslawe wat gereeld by die OK in Jeppestraat gesien word, by ‘n huisinbraak betrokke was.

“Drie mans het vroeg Dinsdagoggend by my vriendin in die Palace Gardens Kompleks ingebreek en weg gekom met haar handsak, selfoon, skootrekenaar, kar- en huis se sleutels.”

Die vrou het vertel dat hulle die inbraak aan die SAPD gerapporteer het, en dat hulle ‘n verslag en vingerafdrukke kom neem het.
Hulle het egter twee dae later laat weet dat die saak laat vaar is omdat daar nie genoeg bewyse is nie.

Die vrou het vertel dat hulle bure se CCTV stelsel die boosdoeners opgeneem het, maar dat die beeld baie swak is. Hulle kon wel sien dat drie mans by die huis ingebreek het.

Dit is egter te danke aan ‘n ander inwoner wat een van die mans betrap het, dat hulle weet wie die verdagtes is.

“Na die inbraak het ‘n vrou ons gebel en gesê sy weet waar die gesteelde goed is, maar sy wou R2 000 daarvoor hê.”

Die vrou vertel dat sy ‘n sterk vermoede het dat dit die jong vrou met rooi hare is, wat gereeld met die drie mans gesien word.

“Ons het nie bewyse dat dit hulle is nie, maar hoop om die vrou te konfronteer en dalk kan ons van die gesteelde goed terug kry.”

Daar word gevra dat enige iemand met meer inligting 073 470 5370 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button