Inwoners het spontaan opgestaan teen vandag se #NationalShutdown
'n Stemposboodskap is ook ontvang van mense wat op die N4 met Bybel in die hand loop en bid.
Daar is gedurende die naweek 240 bande en 140 plakkate wat die aksie aanmoedig uit die dorp verwyder.
‘n Groep besorgde inwoners het gistermiddag toe dit donker word strate patrolleer. ‘n WhatsApp groep is deur ‘n jong sakeman begin om inwoners op hoogte te hou van die situasie en hulle te mobiliseer. Daar is tot vier uur vanoggend patrollie gery.
Die middedorp is intussen stil alhoewel daar inligting is dat ingange na Mhluzi geblok is.
Die algemene gevoel onder inwoners was dat geweld en intimidasie nie geduld moet word nie en dat die gemeenskap hande moet vat teen dit.
Middelburg Observer joernaliste sal die situasie deur die dag monitor.
