News

Vrou gil aanmekaar: ‘Help my!’ terwyl mans haar op sypaadjie aanrand

Die rou gille van ’n vrou op ’n sypaadjie wat deur mans aangerand word, sal Annelien Gilchrist nooit vergeet nie.

Me. Gilchrist bly in Suidstraat en het omstreeks 19:12 ’n vrou hoor gil.

Hulle het na buite gestorm en gesien hoe twee mans ’n vrou uit ’n wit BMW op die hoek van Samora Machel- en Suidstraat gooi.
Die vrou het aanmekaar geskree: “help my! help my!”

Me. Gilchirst het dadelik die polisie en die Noodroep Radiogroep, Sektor 3 gebel en ook op die mans begin skree.
Kort daarna het die wit BMW weg gejaag en het die een man weg geloop, sy arms in die lug gegooi en nonchalant gesê: “it is my wife!”

Mnr. Jaco Brits het stadig oor die brug in Samora Machelstraat gery, toe hy sien daar is iets aan die gang op die hoek.
Hy het gehoor hoe me. Gilchrist op die mans skree en ook die wit BMW opgemerk.

Dit was vir hom duidelik dat die vrou aangerand is.

“Sy het gesê dat sy net geklap is, maar dit moes ’n baie harde klap gewees het as sy só gelyk het.”

Dié man het na die aanranding sy arms in die lug gegooi en, nadat me. Annelien Gilchrist op hom geskree het, gesê: “It is my wife!”

Die man het vir hom gesê dat hulle drie persone in die BMW was en dat sy vrou uit die BMW gespring het.
Volgens hom het sy ’n “angsaanval” gekry.

Mnr. Brits het dadelik die situasie opgesom.

“Hulle het ’n argument gehad en dit was duidelik huismoles. Ek het vir die man gesê dat sy vrou nêrens saam met hom gaan nie.”
Op daardie tydstip het hulle die polisiesirene gehoor en het die vrou se man vinnig weg geloop af in Samora Machelstraat.

“Sy het gesê sy gaan huistoe, maar die polisie het saam met haar gewag totdat haar suster haar kom haal het.”

• Verskeie lede van die Noodroep Radiogroep, Sektor 3, het ook uitgekom na die toneel toe.

• Daar is met ’n selfoon ’n video geneem van die aanranding en die BMW, maar die kwaliteit is te swak om te gebruik op die webtuiste. Daar kan egter uitgemaak word dat twee persone besig is om ’n derde persoon aan te rand.

• Dit is nie op hierdie stadium duidelik of die vrou ’n saak gemaak het teen die mans wat haar aangerand het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button