Die laaste afskop…
Die Pumas, die huidige Curriebeker kampioene se afrigter, Jimmy Stonehouse, het vanaf 1991 tot 1995 in 14 wedstryde vir Suidoos gespeel.
Dit is waarskynlik die laaste afskop, dan sal die bal uit spel wees en die skeidsregter die eindfluitjie blaas.
4 Junie 1983 was ’n geskiedkundige dag in Suidoos-Transvaal toe ’n onbekende klomp spelers, aangevoer deur die haker, Richard Cooke, die Westelike Provinsie op Witbank met 24-19 geklop het.
Van daardie span is Harry Muller, Kallie Grobler, Klasie la Grange en Jorrie Jordaan reeds oorlede, asook die afrigter, Albie Kruger, president Hennie Erasmus en die spanbestuurder, Gert Grobler.
Wanneer die span na 40 jaar, op 21 April 2023, sy reünie in die Mbombela stadion op Nelspruit hou, kan dit ’n laaste keer wees.
Daarom is al die spelers van die amateur era, Suidoos-Transvaal, ook uitgenooi.
Die Mpumalanga Rugby-unie se uitvoerende hoof, Marius Janse van Rensburg, is ’n rugbyman in murg en been, wat aangebied het om die reünie te hou, wanneer die Pumas en Westelike Provinsie slaags is.
Die Pumas, die huidige Curriebeker kampioene se afrigter, Jimmy Stonehouse, het vanaf 1991 tot 1995 in 14 wedstryde vir Suidoos gespeel.
Die Suidoos-Transvaal Rugby-unie het in 1969 ontstaan, met ds Punt Janson en dr Danie Craven twee van die groot dryfvere.
Die span wat die WP in ’n Lionbeker wedstryd geklop het was: Harry Muller, Frank Sullivan, Wimpie van der Westhuizen, Steve Meyer, Kallie Grobler, Gert la Grange, Klasie la Grange, Jorrie Jordaan, Hendry van Tonder, Terence Moll, Bertus van Eeden, Vleis van Zyl, Nan Broekman, Richard Cooke (k), Jan Loubser.
Vir navrae bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange by 083 702 5163 Richard Cooke by 083 263 6938 of bespreek by Arie Myburg 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.
