News

Oud Bok kaptein besing Muller se lof

Verskeie oud-spelers by Harry se begrafnis.

Die oud Springbok kaptein, Wynand Claassen, is een van die oud rugbyspelers wat Harry Muller se lof besing.

Muller is Maandag oorlede nadat hy in Oktober verlede jaar met longkanker gediagnoseer is.

Sy begrafnisdiens is eerskomende Maandag, om 11:00, uit die NG Kanonkop gemeente.

Verskeie oud spelers soos die destydse kaptein van Middelburg en Suidoos-Transvaal, Piet Craven, het aangedui dat hulle die begrafnis gaan bywoon.

Piet Craven.

Claassen het in ’n WhatsApp boodskap gesê Muller was ’n wonderlike mens en ’n ongelooflike rugbyspeler wat groter hoogtes kon bereik het by ’n groot provinsie.

“Hy en Tommy du Plessis was saam in die eerstespan van Hoërskool Midelburg twee jaar na my en sy sussie, Tina, was van laerskool (Middelburg) af saam met my in die klas.”

Claassen het die Muller familie sterkte toegewens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button