News

Misdaadstatistiek in Mpumalanga bly styg

Dit blyk uit die polisie se jongste misdaadstatistiek dat Mpumalanga besig is om die stryd teen misdaad te verloor.

In die tydperk Oktober tot Desember verlede jaar, het moord in dié provinsie met ‘n skokkende 9,1% toegeneem.

Kontakmisdaad het met ‘n gemiddeld van 6,4% toegeneem. Altesame 10 522 gevalle is aangemeld. Dit is 632 meer as die ooreenstemmende tyd in 2021.

“Die polisie sal dringend moet optree om hierdie soort misdaad te voorkom en sal ook vinniger daarop moet reageer,”
het Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Mpumalanga, gesê.

“Die provinsie benodig meer polisielede om die hemelhoë misdaadvlakke om te keer. Die provinsiale polisiemag is tans onderbeman.

“Nuwe polisievoertuie word gereeld belowe, maar niks realiseer nie. Terwyl daar gewag word, word inwoners toenemend blootgestel aan ernstige misdaad.

“Eenhede soos die eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, werk steeds met slegs een of twee voertuie in ? wyk wat vier of vyf dorpe bedien. Dit is onaanvaarbaar.”

Die VF Plus is ook bekommerd oor die toename in vragmotorkapings. Dit het skerp met 17,8% toegeneem tot 337 gevalle.
Die meeste hiervan is in die Delmas-omgewing in die Victor Khanye-plaaslike munisipaliteit aangemeld.

Ander ernstige misdaad het met 6,9% toegeneem.

Die VF Plus het die LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, gevra om te verduidelik watter beslissende stappe geneem sal word om hierdie skokkende misdaadsyfers aan te spreek.

“Mnr. Shongwe kon met geen antwoord vorendag kom nie. Hy kon ook nie sê wanneer die beloofde en noodsaaklike voertuie beskikbaar gestel sal word nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button