Pastoor bid dat skop moet oor wees
Harry Muller het nooit gedink hy sou die 60 meter skop teen die Westelike Provinsie in 1983 oorsit nie.
Sy plan was om die tyd om te kry met die Gryses wat 21-19 voor was.
Sonder ’n skopkelkie, met die ou leerbal wat op ’n hopie sand gestel is, het die volgepakte Johan van Riebeeck Stadion seker ook getwyfel oor die skop.
Daar was darem gebede vanaf die pawiljoen. Pastoor Abel van Zyl het na die tyd vertel dat hy skuldig gevoel het dat hy gebid het die skop moet oor wees.
Toe die bal suiwer deur die pale trek, het die stadion ontplof. Dit was nie verbasend dat Harry na die eindfluitjie geblaas het, skouerhoog van die veld gedra is nie. Hy het die dag 13 punte aangeteken.

Skeidsregter Graeme Comrie het kort daarna die eindfluitjie geblaas, met Suidoos wat die Lionbeker wedstryd 24-19 gewen het. Steeds die grootste skok in Suid-Afrikaanse rugby.
Daardie wedstryd het 40 jaar gelede plaasgevind en die span is eregaste wanneer die Pumas op 21 April 2023 teen die Westelike Provinsie in ’n Curriebeker wedstryd in die Mbombela Stadion speel.
Alle oud Suidoos spelers (die amateurera) word ook na die reünie uitgenooi.
Die spelers gaan deur die Mpumalanga Rugby-unie onthaal word.
Om plekke te bespreek bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange 083 702 5163 Richard Cooke 083 263 6938 of bespreek by Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.
•Harry is verlede week aan longkanker oorlede en sy begrafnisdiens vind vanoggend (27 Maart) om 11:00 uit die NG Kerk Kanonkop plaas,
