News

Kabeldiewe by skroothandelaar gevang

Dit is die tweede diefstal in twee weke.

Danksy die flinke reaksie van Noodgroep Radiogroep Sektor 3 lede, is twee verdagtes vasgetrek terwyl hulle op pad was om gesteelde kabels by ’n skrootmetaalhandelaar te smous.

Die twee diewe kon gearresteer word nadat lede op die Sektor WhatsApp-groep foto’s van hulle geneem en versprei het.

Volgens een van die lede, me. Ansie Meintjes, het die diewe Telkom internetkabels skuins oorkant haar huis in SADCstraat gesteel.

Hoewel die verdagtes eers Dinsdag betrap is met die kabels, het hulle oor die naweek reeds begin om die kabels op te grawe.

me. Meintjes sê dat dit die tweede diefstal in ’n kwessie van twee weke was, en dat Telkom se personeel die laaste keer vir vyf dae, dag en nag gespook het om die gesteelde kabels te vervang.

Hulle verbinding met die internet is onderbreek, maar hulle het nooit vermoed dat dit as gevolg van ’n diefstal was nie.

Me. Meintjes het Maandag twee mans in grys oorpakke gesien ’n sloot grawe, en het aanvanklik gedink hulle werk vir Telkom.
Dit was eers daarna wat hulle agter gekom het die kabels is gesteel.

Nadat die diefstal op die groep aangemeld is, kon lede daarin slaag om die diewe, wat weer Dinsdag teruggekeer het om hulle werk te voltooi, af te neem.

Hulle is daarna deur lede van die munisipale polisie in Wichtstraat gevang waar hulle op pad was om die kabels te verkwansel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button