News

Suidoos spelers na reünie uitgenooi

Suidoos-Transvaal Rugby-unie se oud rugbyspelers hou op 21 April 2023 ’n reünie in die Mbombela Stadion op Nelspruit.

Die span wat die Westelike Provinsie 40 jaar gelede, op 4 Junie 1983 in ’n Lionbeker wedstryd met 24-19 geklop het, sal die eregaste wees.

Die oud Suidoos skeidsregter, Steve Brits, het sy Indabushe Eco Lodge in Schoemanskloof teen 40% afslag beskikbaar gestel vir die Vrydagaand se verblyf. Die spelers gaan die 60 kilometer van daar na die stadion gratis per bus vervoer word.

Die Mpumalanga Rugby-unie se uitvoerende hoof, Marius Janse van Rensburg, het die reëlings vir die groot weersiens reeds gefinaliseer.
Die bus sal die spelers om 14:00 oplaai by Indabushe, waarna hulle in die presidentslosie vanaf 15:00, onthaal sal word.

Voordat die Curriebeker wedstryd teen die Westelike Provinsie om 16:30 afskop, sal al die spelers ’n tonnel vir die Puma span op die veld vorm.

Alle oud Suidoos spelers (die amateurera) word na die reünie uitgenooi.

Spertyd vir besprekings is 12 April en vir verblyf moet Annette Venter by Indabushe 083 259 0419 gebel word.

Om die reünie by te woon bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange 083 702 5163 Richard Cooke 083 263 6938 of bespreek by Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button