Curriebeker kampioen afrigter nooi spelers uit
Hy is een van die ware amateurs maar ook ’n pro (professioneel).

Jimmy Stonehouse is nog een van die min karakters van die spel rugby.
Hy het vanaf 1991 tot 1995 in 14 wedstryde vir Suidoos-Transvaal as haker gespeel en daarna die sprong as suksesvolle afrigter van die Puma professionele rugbyspan gemaak.
Min mense weet dat Stonehouse beplan het om die Curriebeker in 2021 te wen, maar uitslae het nie so uitgewerk nie en hy het die groot prestasie verlede jaar vermag.
Daar is niks amateuragtigs in sy afrigtingmetodes nie, maar die waardes van die ou era pas hy steeds suksesvol toe. Daarvan is integriteit sekerlik die grootste bestandeel.
Hy het die harde pad gestap van Hoërskool Ermelo se afrigter, Puma Cravenweek, Hoërskool Waterkloof, Rusland o/19, Rusland sewes, Blou Bulle Cravenweek, afrigter van Harlequins se klubspan, Blou Bulle vrouespan, Japan se Toshiba Brave Lupus en verskeie ander verteenwoordigende spanne.

Net soos sy uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, eet, slaap en droom Stonehouse rugby en dit kan in die Pumas se prestasies gesien word.
Hy het al die oud Suidoos-Transvaal spelers gister in ’n boodskap uitgenooi om die reünie op 21 April in die Mbombela Stadion by te woon.
Alle oud Suidoos spelers en hulle gades (die amateurera) word na die reünie uitgenooi.
Spertyd vir besprekings is 12 April en vir verblyf moet Annette Venter by Indabushe 083 259 0419 gebel word. Spelers kry 40% afslag.
Om die reünie by te woon bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange 083 702 5163 Richard Cooke 083 263 6938 of bespreek by Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.
@middelburgobserver Oud Suidoos-Transvaal spelers uitgenooi om reünie by te woon