News

Al meer kragopwekkers by besighede gesteel

Inbrekers spits hulle nou toe op besighede se kragopwekkers!

Die hoofrede vir ’n inbraak Sondag in die vroeë oggendure by die Smart Ice & Water 4 U winkel in Aerorand, was waarskynlik vir die kragopwekker.

Dit is die vierde soortgelyke inbraak waarvan die Middelburg Observer bewus is.

Me. Corlise Eksteen sê daar is net na 03:00 ingebreek en sy glo die inbrekers het hulle dopgehou om presies te weet waar is wat. Sy vermoed dat hulle veral agter hul kragopwekker aan was.

Buiten die kragopwekker, het die booswigte ook ’n kasregister, twee waaiers, ’n koffiemasjien en ’n tablet gesteel.

“Daar was maar net R350 in die kasregister, maar dit gaan ons meer as R1 000 kos om hom te vervang,” het sy vies gesê.

Die totale skade van die artikels wat gesteel is, word geraam op sowat R30 000.

• Die winkel is geleë in die Lifestyle Sentrum in Aerorand.

• Mid Alarms se reaksielede het hierdie week gewaarsku dat inbrake by besighede en wonings skerp toegeneem het sedert die begin van Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button