’n Be(fo)vange warm pastei!
’n Paar gevaarlike ‘warm’ pasteie by die Middelburg Stasie is so bef...ekskuus, bevange warm, dat hulle hom die Befok Laksman Rooi Duiwel Pastei noem!

Manne wat net kán warm kosse eet, word uitgedaag om deel te neem aan die Befok Laksman Rooiduiwel Pastei-uitdaag, wat Saterdag (vandag) tydens die maandelikse Oppi Stasie Vlooimark wegspring.
Johan Janse van Rensburg sê hyself kon tot nou toe nog net een pasteitjiie inkry, wat nou nog van vyf.
“Hier was ’n ou wat twee geëet het, maar ook hy kon nie verder nie. Dit is só sterk, dat die manne en dalk ’n brawe vrou of twee, eers ’n vrywaringsvorm moet teken,” se Johan.
Persone wat wil deelneem, kan Saterdag begin inskryf (en jou vorm invul om seker te maak jy neem hulle nie kwalik vir, hmmmm, enige nagevolge van die brandende pasteie nie).
Vir slegs R120 kry jy vyf pasteitjies en slaptjips, asook ’n bier vir die brand. “Geen melk of koeldrank word toegelaat nie, jy moet die bier saam met die pasteie drink.”
Jy kan Saterdag al jou vyf pasteie inwurg of later in die maand die moed bymekaarskraap, maar dit moet voor die einde van die maand wees.
Johan sê die persoon wat in die kortste tyd die pasteie kan klaarmaak, wen aan die einde van die maand ’n braaier.
• Buiten die warm pastei-uitdaag, is daar allerlei ander pret by die vlooimark.
Daar is kunswerke, ’n springkasteel vir die kinders, kosstalletjies, musiek, dansers, ’n spykerslaankompetisie, asook ’n inkleurkompetisie vir die kleingoed.
Vir enige navrae, bel Johan by 063 657 4876 of Liezl by 084 990 5844.