Vrae nadat Springbok vleuel nie vir Bulle gekies is
Daar is niks sinistêrs aan die afwesigheid van die Springbok vleuel en Mpumalanga gebore, Sbu Nkosi, se afwesigheid by die Blou Bulle spanne nie.

Om die waarheid te sê is die Blou Bulle Rugby-unie se uitvoerende hoof, Edgar Rathbone, aktief betrokke op die speler se pad na herstel, nadat hy twee maande gelede verdwyn en later by sy familie in eMalahleni opgespoor is.
Hy is nie gekies vir die toergroep na Europa nie en is ook nie vanmiddag in aksie vir die Blou Bulle teen die Griffons in Welkom nie.
Nadat hy die laaste twee weke ook nie by oefeninge gesien is nie, was daar vrae van Blou Bulle ondersteuners oor sy afwesigheid.
Rathbone sê Nkosi het na sy terugkeer dadelik vier wedstryde gespeel en sy afwesigheid is deel van die program om hom te bestuur, totdat hy volkome herstel het.
“Ons probeer dit bestuur soos ’n besering op die oomblik en gaan hom heel moontlik ’n tydjie nog so aan en af moet speel, om seker te maak Sbu is in die beste spasie moontlik,” het Rathbone gesê.