News

Inbreker steel waspoeier

Oorlamse inbreker wil sy wasgoed gaan was!

‘n Inbreker het gisteroggend by ‘n huis in Gholfsig ingebreek en onder andere waspoeier gesteel!

Die Botha gesin het gisteraand met hul tuiskoms van die werk af gesien dat daar by hul waskamer by hul huis in Van Mellestraat, Gholfsig, ingebreek is.

Me. Corné Botha verduidelik dat die waskamer langs die kombuisdeur is en dat hulle eers laat gisteraand agtergekom het dat daar in daardie vertrek ingegaan is.

“As hy by die huis self ingebreek het, sou die alarm afgegaan het.”

Hulle vermis ‘n tweeplaat gasstoof, waspoeier, versagmiddel vir klere en tafellappe.

  • Me. Botha het die lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 en die polisie bedank wat gisteraand blitsig gereageer het toe hulle agtergekom het daar is ingebreek.
  • Die inbraak moes gisteroggend tussen 05:00-06:00 plaasgevind het, want een van die inwoners in die straat se buite-kamera het in die verte opgetel toe die man uit die erf oor die muur geklouter het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button