News

Die misteriuese geval van Frank Sullivan

Die geheimsinnige “verdwyning” van Frank Sullivan.

Wat het van Frank geword? Waar bevind hy hom? Lewe hy nog?

Dit is die tergende vrae, nadat een van die groot uitblinkers in die Suidoos-Transvaal Lionbeker oorwinning teen die Westelike Provinsie in 1983, uit Middelburg weg is en daar nooit weer van hom gehoor is nie.

Van daardie span is Kallie Grobler (vleuel), Klasie la Grange (skrumskakel), Jorrie Jordaan (agsteman) en Harry Muller reeds oorlede, asook die afrigter Albie Kruger en spanbestuurder, Gert Grobler.

Die ander spelers kon intussen almal opgespoor word…behalwe Sullivan.

Die Frank Sullivan-geval is byna soos die van die All Black voorry, Keith Murdoch, wat uit Wallis teruggestuur is na Nieu Seeland, maar in plaas van na sy tuisland terug te keer, na Australië gevlieg het om onder die radar ’n bestaan te voer.

Murdoch was in 1972 in ’n geveg met ’n sekuriteitswag betrokke en is deur die All Black bestuur teruggestuur. Die eerste All Black om dit oor te kom.
Vir meer as 40 jaar het niemand geweet dat hy ’n All Black was nie, ook nie sy drinkerbroers in die dorpie Carnarvon nie.

Sullivan se geval is nou nie heeltemal soos die van Murdoch nie, maar daar is dieselfde misterie.

Tydens die wedstryd teen die Westelike Provnisie was Sullivan erg opgewerk en het behoorlik onder die besoekers se velle ingeklim.
Hy het ook ’n skiterrende drie gedruk.

Tydens sy verblyf op Middelburg het hy in Kanonkop gewoon en by Columbus Stainless gewerk

Noudat die span van 1983 saam met al die oud Suidoos-Transvaal spelers reünie hou op 21 April 2023 word daar opnuut na Sullivan gesoek.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind word gevra om Tobie van den Bergh te bel by 072 220 1568.

•Die oud Suidoos skeidsregter, Steve Brits, het sy Indabushe Eco Lodge in Schoemanskloof teen 40% afslag beskikbaar gestel vir die Vrydagaand se verblyf. Die spelers gaan die 60 kilometer van daar na die stadion gratis per bus vervoer word.

Die bus sal die spelers om 14:00 oplaai by Indabushe, waarna hulle in die presidentslosie vanaf 15:00, onthaal sal word.

Voordat die Curriebeker wedstryd teen die Westelike Provinsie om 16:30 afskop, sal al die spelers ’n tonnel vir die Puma span op die veld vorm.
Alle oud Suidoos spelers (die amateurera) word na die reünie uitgenooi.

Spertyd vir besprekings is 12 April en vir verblyf moet Annette Venter by Indabushe 083 259 0419 gebel word.

Om die reünie by te woon bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange 083 702 5163 Richard Cooke 083 263 6938 of bespreek by Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button