News

Stankmeter in die rooi weens foutiewe sensor

Kanonkop DA raadslid Helda de Klerk sê die stank wat die dorp se Noord-oostelike woongebiede laat stik, teen Donderdag iets van die verlede behoort te wees.

Dennesig, Kanonkop en dele van Mhluzi se inwoners moes die afgelope naweek weer behoorlik wierook stook weens die rioolreuk.

Volgens raadslid De Klerk was die probleem ’n foutiewe sensor by die Boskrans rioolaanleg.
Die aanleg is oor talle jare opgradeer en volkome gemeganiseer.

Die wêreldklas, rekenaargedrewe aanleg, is vatbaar vir sensitiewe komponent gebrekke.
Die sensor is reeds verwyder en ’n nuwe een is op pad.

Inwoners kan gerus nou maar die paaseiers in die tuin gaan wegsteek, want die naweek behoort, volgens me. De Klerk, reukvry te wees, met die nuwe sensortjie wat na verwagting more afgelewer sal word.

Daar is aanvanklik vermoed dat beurtkrag, en gevolglike dieseltekorte vir kragopwekkers by die aanleg, die probleem was.

Inwoners moes sedert 2014 sporadies wasgoedpennetjies aan die neuse knip, weens die stank.

Kragopwekkers is van drie na vyf vermeerder om suiwerings en pompprosesse tydens beurtkrag aan die gang te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button