News

Dis vroegoggend en toe die oproep van John Sullivan

Maar die laaste 40 jaar het Frank buitendien nie baie gepraat nie, was nie op sosiale media nie en het nie een van die vorige byeenkomste van die 1983 span bygewoon nie.

Dit is net na sewe uur die oggend, die selfoon lui, op die selfoonskerm staan daar “John Sullivan”. Die vorige dag het die berig verskyn oor vleuel Frank Sullivan wat na die Suidoos-Transvaal oorwinning oor die Westelike Provinsie in 1983 “verdwyn” het.

In die berig is daar gewonder wat van Frank geword het: “Lewe hy nog”, “waar bevind hy hom as hy nog lewe?”.

Die oproep word met groot afwagting beantwoord: Slegte tyding? Goeie tyding? Van daardie span is vier spelers al oorlede. Dit moet nuus wees oor Frank Sullivan: Is dit ’n familielid wat die tyding bring?

Die sterk stem sê “ek is John Sullivan, ek is Frank se seun, ek hoor julle soek na hom?”

Steeds afwagting…

Kon nie die vraag vinnig genoeg uitkry nie: “Lewe hy nog?”

Die antwoord is verrassend: “Ja hy lewe, hy het ’n suksesvolle loopbaan gehad en bly in Pretoria!”

Daar is blydskap.

John is ’n advokaat in Pretoria en pa Frank het al afgetree.

Bel onmiddellik vir Frank, wat verstom maar vriendelik antwoord: “Hi Tobie jou donner!

Maar “hy is op die plaas en sal later terugbel”.

Teen vanoggend was hy saam met ’n groep uit in die veld en ons kon nog nie praat nie.

Maar die laaste 40 jaar het Frank buitendien nie baie gepraat nie, was nie op sosiale media nie en het nie een van die vorige byeenkomste van die 1983 span bygewoon nie.

Frank was altyd anders as die gewone rugbyspeler, ’n intellektueel en introvert wat sy praatwerk op die rugbyveld gedoen het. Soos daardie dag op die Johan van Riebeeck Stadion in 1983 toe hy die WP se Bokke stukkend gehardloop en hulle so getart het, dat hulle kop verloor. Die uiteinde was ’n Suidoos/Sullivan oorwinning van 24-19.

Ja, Frank lewe, maar gaan hy die 1983 span se reünie op 21 April 2023 in die Mbombela-stadion bywoon?

Ons wag in spanning…

•Die oud Suidoos skeidsregter baas, Steve Brits, het sy Indabushe Eco Lodge, 60km vanaf Nelspruit, teen 40% afslag beskikbaar gestel vir die Suidoos spelers se Vrydagaand verblyf. Die spelers gaan die 60 kilometer van daar na die stadion gratis per bus vervoer word.

Die bus sal die spelers om 14:00 oplaai by Indabushe, waarna hulle in die presidentslosie vanaf 15:00, onthaal sal word.

Voordat die Curriebeker wedstryd teen die Westelike Provinsie om 16:30 afskop, sal al die spelers ’n tonnel vir die Puma span op die veld vorm.

Alle oud Suidoos spelers (die amateurera) word na die reünie uitgenooi. Spelers wat vir die Suidoos-Transvaal senior span uitgedraf het.

Die span van 1983 is die spesiale eregaste en die ander oud Suidoosters eregaste.

Spertyd vir besprekings is 12 April en vir verblyf moet Annette Venter by Indabushe 083 259 0419 gebel word.

Om die reünie by te woon bel Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Gert la Grange 083 702 5163 Richard Cooke 083 263 6938 of bespreek by Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button