News

Carla van der Spuy: ‘Mens of Monster’

Psigopate kan baie sjarmant wees.

Tydens Carla van der Spuy se praatjie tydens die bemagtigingsoggend oor hoop by Olifants River Lodge, het sy melding gemaak van die navorsing oor haar boeke.

Sy het saam met haar vriend, Hermann Liebenberg, ’n sielkundige, moordenaars gaan besoek vir haar eerste misdaadboek, ‘Mens of Monster.”

Met dié boek wou sy uitvind presies hoe hulle koppe werk.

“Mens moet onthou dat baie van hulle psigopate is en psigopate kan uiters sjarmant wees. Baie is slagoffers van hul omstandighede, die ou ding van jy is so gebore of so gemaak. Nature versus Nurture-debat.”

Sy het ook navorsing gedoen oor reeksmoordenaars en uitgevind dat hoe wreder die moorde was, “hoe meer was die vroue gefassineer met hulle!” Die moordenaars is oorval met huweliksaansoeke.

“Party het ook inderdaad getrou. In Amerika word hulle die ‘serial killer groupies’ genoem.”

Carla meld dat daar verskeie redes daarvoor is, soos dat hulle die redder wil wees of aangetrokke voel tot sogenaamde ‘bad boys’ of hulle wil eenvoudig die man nie heeldag onder hul voete hê nie.
“Die probleem is dat hierdie verhouding altyd in die romantiese fase bly. Die ou gedra hom goed en skryf die mooiste liefdesbriewe uit die tronk. As hy uitkom, het hy ’n parooladres en selfs ’n bankrekening. Baie voordelig vir hom!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button