In hierdie laaste gedeelte in die reeks oor Carla van der Spuy se praatjie praat sy oor haar boek: ‘Gangster’ en hoe daar altyd hoop is.
Carla was hoofspreker tydens ‘n oggend oor ‘Hoop’ by Olifants River Lodge.
Sy onthou hoe past. Jonathan Clayton (wat self in die tronk was) en sy vrou, Jenny haar vertel het van past. Schloster, toe sy die boek ‘Gangster’ gekryf het.
Hy was in die middel van ’n rooftog in een van die spogbuurte in Kaapstad.
Terwyl die rooftog aan die gang was, het sy naamkaartjie uit sy sak uit geval. Een van die rowers het gesien hy is ’n pastoor en sê uit die bloute uit vir hom: “Bid vir my”.
Die man, ‘Ricardo’, is tronk toe en het die pastoor hom gaan besoek. Hulle het later boesemvriende geword.
“Ricardo is my gunsteling gangster. Hy en sy vrou het ’n bediening op die Kaapse Vlakte, bedryf ’n sopkombuis en het ’n goeie huwelik.”
Sy meld dat baie “van die eks gangsters pastore of apostels word, maar nie almal is te vertrou nie.”
In haar navorsing vir die boek, het sy saam met haar boesemvriend, Jacques Pratt, Mitchells Plain, die Gangster Museum in Kyalitsha en Camp Joy, wat se rehabilitasiesyfer 70 persent is, besoek. Laasgenoemde sentrum plant groente, wat gebaseer is op die Amerikaanse model.
Pastoor Engels (Camp Joy) het haar bekend gestel aan: “n Lady Gangster wat wou belong en gevoel het die Here het haar geseën het met broers in die gang. Sy het maatskaplike werk studeer en doen nou opheffingswerk in die einste gemeenskap waar sy ader beroof het.”
Sy het ook die verhaal vertel van die gerehabiliteerde ‘gangster’ Rehbock wat baie moeite doen met dwelmslawe.
“Rehbock het ook meisies wat ontvoer is, uit die onderwêreld gaan uithaal.”
Sy het genoem dat Jacques die ‘Hope Helaa Foundation’ gestig het en dat hy baie werk op die vlaktes en in Kaapstad doen.
Sy het die boek aan hom opgedra.
Hoop, altyd hoop
- Carla se verhale, van mense wat uit die donkerste dieptes opgestaan en hul lewens verander het, vertel egter dat daar beslis hoop is.
“Wat ek wil sê is: daar is altyd hoop.” - Pastoor Jannie Jacobs het gepraat oor die Oorwinnaars Halfweghuis wat al agt jaar oud is, Gideon van Vollenstee het sangbediening gedoen en me. Mariétte Buys (3:15 Ministries) se praatjietema was: “My Pa is die Koning.”

- Die organiseerders wil graag al die borge, asook almal wat die geleentheid bygewoon het, bedank.
- Die plan is om ’n jaarlikse ‘Hoop’-funksie aan te bied.
- Carla het na die funksie op haar Facebookblad gesê dat past. Jannie Jacobs en sy vrou, Sanet, haar die meeste geïnspireeer het tydens die geleentheid. “Hulle laat tot nege dwelmslawe onder hul dak woon en help hulle om die verslawing te bowe te kom.”
