News

Carla van der Spuy: ‘Liefde Agter Tralies’

Vierhonderd gevangenes wou strooijonkers wees!

Een van die boeke wat Carla van der Spuy baie geniet het om te skryf, is ‘Liefde Agter Tralies’, oor tronktroues.

Sy het ook oor die navorsing vertel tydens haar praatjie by Olifants River Lodge.

Toe Boeremagbruid Riëtte Pretorius en die Skierlik-moordenaar Johan Nel in die tronk getrou het, was daar ’n troumars, troukoek en wit rok.

Minstens 400 van sy mede-gevangenes wou strooijonkers wees.

Daar was ook ’n ander paartjie, die man was ’n kaper en die vrou het vir moord gesit.

Met hul troue was die bruid in boeie. “Hulle is albei al uit die tronk uit en doen opheffingswerk onder die jeug.”

Vir Carla was die hoopvolste verhaal dié van past. Jonathan Clayton en sy vrou, Jenny.

Hulle was aanvanklik soos broer en suster, maar toe het hy betrokke geraak by swendelary en beland in die Pollsmoor Gevangenis.

“Sy was al een wat vir hom gaan kuier het. Dis nou 30 jaar later en hulle is gelukkig getroud. Hulle bestuur Hope Prison Ministries omdat hulle aan tweede kanse glo.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button