News
Carla van der Spuy: ‘n Klap in die tronk
Daar was pandemonium, maar gelukkig is sy nie beseer nie.
Een Kersfees het Carla van der Spuy en ‘n vriendin geskenkpakkies in ‘n tronk in Middelburg kom uitdeel en baie meer gekry as waarvoor sy gekom het.
Sy het die staaltjie onthou tydens haar praatjie van hoop by Olifants River Lodge.
Op ’n stadium is Carla badkamer toe, waar ’n vrou, wat in eensame aanhoudig was, haar geklap het.
“Daar was padenomium, maar ek het darem net ’n klap gekry. Dit kon erger gewees het. Hulle kon my ‘krismis cracker’ gesteel het!”
Dit het haar opgeval dat die vroue in die tronk almal goed versorg was. “Hul hakskene is geskuur, blou-silwer grimering…’shocking pink’ naels.
- Volgende in die reeks berigte oor haar praatjie, word vertel van die ‘babas in die tronk’.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
