Carla het ook ’n boek oor plaasmoorde geskryf en het sy 10 verskillende plase besoek vir haar navorsing.
In haar praatjie tydens die geleentheid by Olifants River Lodge het sy gemeld dat dit “wat daardie mense deurgemaak het, kan ’n mens nie beskryf nie.”
Die Molls van Ficksburg se verhaal het haar die meeste geraak.
Hul pa is vermoor, die ouma en kleinkinders vir ure aangehou en die seun byna vermoor.
“Die familie het wraggies oor die grens gegaan en Bybels na hul aanvallers geneem. Die krag van vergifnis.”
Hoop in die hartseer
Sy noem dat die meeste boere en hul plaaswerkers ’n goeie verhouding het.
“Toe die vrou geskiet is, het haar werkers haar na ’n bakkie toe gedra, want die ambulans het te lank gevat. Toe sy wakker word, staan al die vroue van die plaas om haar bed en bid.”
- Volgende in die reeks: Liefde Agter Tralies’
