Carla van der Spuy: ‘Sielsiek’ en babas in die tronk
Carla het ook met Eugene Terreblanché se moordernaar 'n onderhou gevoer.
Die vroue wat sy in Johannesburg gevangenis besoek het, die gedeelte wat bekend staan as ‘Sun City’, waar babas saam met die gevangenes is, sal Carla van der Spuy altyd bybly.
Sy het daarvan onthou tydens haar praatjie by Olifants River Lodge.
“Die babas word fantasties versorg, maar moet uitgaan as hulle twee jaar oud is. Dit lyk soos ’n kleuterskool.”
‘Sielsiek’
Na die boek, ‘Bloed op Haar Hande’, het ‘Sielsiek’ gevolg, wat sy geskryf het saam met die forensiese sielkundige, dr. Henk Swanepoel.
Hy het die sielkundige verslae vir verskeie van Suid-Afrika se geweldsmisdadigers in die howe opgestel.
Een van die persone wat hulle besoek het, was Eugene Terreblanché se moordenaar, Chris Mahlangu, in die privaattronk in Mangaung, Bloemfontein.
Mahlangu het ’n Moslem in die tronk geword.
“Van die ouens daar het tot 1 000 jaar tronkstraf gekry en dan het hulle steeds ‘girlfriends’ daar buite!”
- Volgende in die reeks gesels sy oor die boek wat sy oor plaasmoorde geskryf het.
