News

Man wat geskiet is jaag deur grafsteenwinkel se venster

Jy weet jy het ’n slegte dag wanneer jy eers geskiet word en daarna met jou kar deur ’n grafsteenwinkel (van alle plekke), se vertoonvenster jaag.

Mnr. Riaan Swart (40) het om 02:00 met sy voertuig in die parkeerterrein gestaan oorkant Groblersdal Tombstones in Van Riebeeckstraat.
Hy het glo sy voertuig se revolusies opgejaag en sy wiele getol.

Die insittende van ’n ander voertuig het mnr. Swart glo berispe, maar hy het volgens ’n betroubare bron steeds voortgegaan om sy voertuig se revolusies op te jaag en die wiele te tol.
Die ander voertuigeienaar het ‘n vuurwapen uitgehaal en dit op mnr. Swart gerig.

Sy voertuig het deur die vertoonvenster van ’n grafsteenwinkel gebars.

Mnr. Swart het glo dié man se hand gegryp, waarna sy motor agteruit begin ry het. Dit is toe dat hy geskiet is.
Die wond is aan die regterkant van sy gesig, langs sy mond.

Tydens die skietery het mnr. Swart beheer oor sy motor verloor en deur Groblersdal Tombstones se voorruit gebars en aan die agterkant van die winkel tot stilstand gekom.

Met die polisie se aankoms op toneel het mnr. Swart reeds uit sy voertuig geklim en op die sypaadjie gaan sit. Hy het erg gebloei.

Mnr. Swart se voertuig het teen die agtermuur van die grafsteenwinkel tot stilstand gekom.

Die man wat sy vuurwapen tevoorskyn gebring het, het homself later die oggend by die polisiestasie gaan oorgee en sy vuurwapen ingehandig.
Mnr. Swart is na Groblersdal Hospitaal vervoer, waarna hy oorgeplaas is na ‘n hospitaal in Polokwane.

•Daar is gepoog om mnr. Swart se vrou te kontak, maar die oproepe het onbeantwood gebly.

•Volgens ‘n persoon wat op toneel was, het mnr. Swart baie bloed verloor en was sy hele voertuig en die grafsteenwinkel met bloed besmeer.

Mnr. Swart se voertuig is met bloed besmeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button