News

Gaan Willem in die nuus wees?

Alhoewel Willem Kruger se gesig op die advertensie oor ‘Wie’s Nuus met Netwerk 24’ verskyn, is dit nie ’n uitgemaakte saak dat daar ’n episode oor hom sal wees nie.

Willem se bakkie, met sy liggaam nog binne, is op 22 November 2022 in die Vaalrivier, langs die Henbase Lodge, gevind. Willem was by dié lodge vir ’n rampartytjie van ’n vriend, Ghini Greyling.

Sy aanvanklike verdwyning, die soektog en die vind van sy liggaam, het die afgelope paar maande baie meer vrae as antwoorde gebring en selfs Gerrie Nel (Afriforum Privaat Vervolgingseenheid) en sy span is besig met die ondersoek.

Mnr. Barry Bateman (mediawoordvoerder, Afriforum Privaat Vervolingseenheid het vanoggend gesê dat hulle nie enige nuwe inligting het op die saak nie.

• Daar is hierdie week op Facebook gemeld dat daar in die tweede reeks van ‘Wie’s Nuus met Netwerk 24’, saam met Mia Spies, ’n uitsending van Willem Kruger sal wees. Die reeks is Donderdagaande om 21:00 op DStv Kanaal 144 (herhaling Vrydae om 13:00).

Mia Spies, aanbieder van die reeks, sê die voorskou, waar ’n mens Willem se gesig kan sien, is net ’n aanduiding van mense wat in die nuus was.

“Dit is nie ’n aanduiding dat daar spesifiek ’n program oor hom sal wees nie.” Sy het egter gesê dat “daar dalk ’n episode oor hom kan wees.”

•Op die “TrotsAfrikaans” Facebookblad is daar aan die begin van Paasnaweek ook weer ’n plasing gemaak wat lui:

“So baie vrae/dm’s oor die vordering van #willemkruger se saak….
Daar is ’n rede hoekom ons tans swyg.

Mense, Willem het reeds gewen. Ons dien die enigste God. Heerser oor hemel en aarde. Sy timing is perfect. Hy slaap of sluimer nie. Hou op wonder en twyfel. Die adders se tyd is (amper) op. Hulle almal is geïdentifiseer.

Jy moet ’n next level naïewe sot wees as jy nogsteeds dink/wonder, jy word nie ondersoek nie.

Jou arrogansie/vermetelheid het waarskynlik die einde van jou bestaan hier op aarde, soos wat jy dit geken het, beteken.

Almal weet wat daardie aand gebeur het en wie het hulle battle scars na die tyd probeer toepleister met vroulief se make up (mense praat).

Almal weet wie daar was (mense praat). Almal weet wie het wie gebel en soos koplose hoenders op en af gejaag (mense praat).

Almal weet waar en hoe die bakkie en lyk ‘gebêre’ is (mense praat).

Almal weet hoe die bakkie en lyk herenig en ewe skielik ‘ge-ontdek’ is (mense praat).

Almal weet wie ’n bonus geldjie gekry het (mense praat). Almal weet wie het al hulle geldjies spandeer (mense praat).

Manne, julle onderskat die res van Suid-Afrika en elke dag maak julle die redelike man wat van die kant af na julle gelieg en bedrieg kyk, meer moerig. Net omdat die media stil is, beteken nie die ratte draai nie. Daar is baie van ons, wat nie veel erg het aan individue met ’n geldjie onder die matras nie. Ons wag geduldig.

En share asseblief. ’n Belofte is ’n belofte – ons sal lawaai totdat elke adder verantwoordelik vir #willemkruger se dood en die toesmeer daarvan, tot verantwoording geroep is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button