News

Mielie is nie in eMalahleni nie

“Mielie loop nie in eMalahleni rond nie... Mielie loop waarskynlik gladnie rond nie.”

Die soektog na die Australiaanse-beeshond duur steeds voort nadat twee lede van die Zambi-soekspan Saterdag na eMalahleni gejaag het om te kyk of dit dalk Mielie is, wat daar gesien is.

Marthina Janse van Rensburg van die Zambi-soekspan het bevestig dat die hond wat in eMalahleni gesien is nie Mielie is nie.

“Mielie loop nie in eMalahleni rond nie… Mielie loop waarskynlik gladnie rond nie. Die rede hoekom ek dit sê is omdat ons oortuig is dat iemand Mielie opgetel het en dat hy by iemand se huis gehou word.”

Marthina vertel dat hulle daagliks steeds honderde boodskappe ontvang van mense wat oortuig is dat hulle Mielie iewers gesien het.

“Ons kan vinnig bepaal of die bronne geloofwaardig is of nie, maar soms kan mens net nie die kans waag nie dan gaan volg ons op en kyk maar.”
Marthina sê dat die hond wat in eMalahleni gesien is ’n windhond was.

“Wat baie mense nie weet nie is dat die naam van ons soekspan, Zambi, my hond se naam is. My Zambi was vir ses maande weg gewees voordat ek hom gevind het.”

Mense wat meer inligting oor Mielie het word steeds aangemoedig om Zambi te kontak, “ons vra indien iemand dink dat hulle vir Mielie gesien het om asseblief foto’s te neem. Foto’s help ons om te bepaal of die hond Mielie is.”

Zambi kan gekontak word by 082 895 7807.

• ’n Beloning van R20 000 word aangebied indien Mielie veilig aan sy eienaar, Kevin Ruthven, terug besorg word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button