Nan kort om voorry volledig te maak
Na 40 jaar gaan die onderkaptein van die 1983 Suidoos-Transvaal span wat die Westelike Provinsie op Witbank geklop het, weer met sy spanmaats herenig word.
Frank Sullivan het daardie dag se kaptein, Richard Cooke, laat weet dat hy op 21 April in Nelspruit gaan wees vir die Suidoos spelers se reünie.
Nog een van die span se karakters, Jan Loubser, het Dinsdagaand gesê hy gaan ook die geleentheid in die Mbombela-stadion bywoon.
Met Cooke en Loubser daar kort die ander stut om die voorry volledig te maak en dit is Nan Broekman.

Spelers word die Vrydagmiddag vanaf 15:00 in die presidentslosie onthaal en gaan ’n tonnel staan, voordat die Pumas teen die Westelike Provinise speel in ’n Curriebeker wedstryd om 16:30.
Alle oud Suidoos-Transvaal spelers en hulle gades wat die geleentheid wil bywoon, moet voor 17:00 vandag (12 April) vir Arrie Myburg by 082 786 5894 of e-pos arriemyburg@gmail.com laat weet. Spelers sal daarna verdere reëlings en amptelike uitnodigings ontvang van die Mpumalanga Rugby-unie.

Spelers moet Arrie ook in kennis stel indien hulle van busvervoer gebruik wil maak vanaf Indabushe.
•Jan Loubser het ook vanoggend berigte en foto’s aangestuur van daardie heuglike dag in Junie 1983.


@middelburgobserver Oud Suidoos-Transvaal spelers genooi na reünie
