News

Wiel is waarskynlik iewers gesteel

Iemand mag dalk net met hulle gesteelde wiel herenig word danksy die flinke reaksie van Noodroep Radiogroep Sektor 3 lede.

Rachel Kies van Sektor 3 sê dat dit na ’n bakkiewiel lyk en by die Middelburg Polisiestasie ingehandig is. Die eienaar kan dit daar gaan kry.

Rachel en haar man Willem was Maandag op pad na ’n ander uitroep toe hulle twee verdagtes sien met die wiel op die hoek van Weeber- en Bonckerstraat.

“Omdat ons op pad na ’n ander toneel was, het ons ander lede ontbied.”

Toe die lede opdaag het ’n man gesê hy het die wiel by ’n huis in Wichtstraat gekry maar sy storie verander en beweer die wiel was in ’n veld weggesteek.

Hy het erken dat hy en sy makker die wiel wou verkoop en was baie vies toe hulle dit afvat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button