News

Groenes speel aanskoulikste rugby

Hoërskool Middelburg se rugbyspanne het die vakansie aan verskeie toernooie deelgeneem.

•Die o/16’s toer na Bethlehem waar hulle in die BVHS Prestige Rugbyweek speel met die volgende uitslae: vs Witteberg wen 66-5, vs Grey, wen 40-12 en vs BVHS wen 36-20.

•Die o/14A en o/15A spanne toer na George in die Kwagga Junior Rugbyweek.

Die o14A’s se uitslae is as volg: vs Sentraal wen 31-5, vs Brandwag wen 14-5, vs Paarl Gimnasium verloor 14-29.

O/15A uitslae: vs Rondebosch verloor 17-26, vs Diamantveld, verloor 7-13, vs HTS Daniël Pienaar wen 33-13.

Fumani Chauke.

•Die eerstes het ook na George getoer waar hulle in die o/19 Oakdale Rugbyweek gespeel het.

Hul uitslae: vs Duineveld wen 36-18 – speler van die wedstryd: Fumani Chauke, vs Brandwag wen 31-10 – speler van die wedstryd: Divan van der Westhuizen en vs Pearson gelykop 20-20 (geen speler van die wedstryd aangewys).

Tydens die Oakdale prysuitdeling word MHS aangewys as die skool wat die aanskoulikste rugby gespeel het.
Tjaart Joubert word aangewys as die beste voorspeler van die toernooi.

Joubert (agsteman), Tebogo Nkosi (stut) en Fumani Chauke (haker) word gekies as deel van die Klein Karoo Saadproduksie se droomspan van die toernooi.

Tjaart Joubert.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button