News

Skrander leerling neem haar eie lewe

’n Skrander graad nege leerling van Hoërskool Middelburg, Isabel Smith (16) is Dinsdagaand dood in haar kamer gekry.

Haar stiefma, Angelique, het hartseer gesê dat Isabel vir hulle ’n briefie gelos het om te sê hoe lief sy vir almal is en dat hulle nie kwaad moet wees vir haar nie.

“Sy was pragtig, ons ou dimpels met die sproetjies. Sy was mal oor sport en het selfs ’n gedig geskryf wat in ’n digbundel opgeneem is. Isabelle was ’n super-organiseerder en het altyd presies geweet waar is alles. Sy was so ’n energieke, liefdevolle kind, wat in alles die mooi daarvan raakgesien het,”

Die glimlag met die kuiltjies in haar wange wat Isabel so uniek gemaak het.

Mnr. Johan Stronkhorst (hoof, Hoërskool Middelburg) sê almal by die skool “is teen die grond oor Isabel se dood. Dit is totaal onverwags. Sy was ’n meelewende, oulike kind wat goed akademies en in sport presteer het.”

Isabel was die kaptein van die muurbalspan en ook ’n skitterende skaakspeler.

Sy word oorleef deur haar ma, Jackie, pa Pieter, stiefma Angelique, suster Victoria en stiefsusters Danelle, Danika, Jenny en Amelia.

Die begrafnis word beplan vir volgende Donderdag uit die Corpus Christi gemeente, maar daar is nog nie ’n spesifieke tyd nie. Dit sal moontlik in die oggend wees.

Mnr. Stonkhorst het aangedui dat hulle van die kinders na die begrafnis sal aanry.

Isabel was gewild by haar maats en het altyd gelag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button