News

Ma’s vaar uit oor skokkende boodskappe op sosiale media

Skokkende foto’s en videos word tans onder kinders tussen die ouderdom 14 tot 16 jaar rondgestuur.

Na Isabel Smith (16) se selfdood hierdie week, het ouers hul kommer uitgespreek en gevra of sy nie die slagoffer was van sosiale media boelies nie.
Haar familie het egter gesê dat sy nie ’n slagoffer was nie.

Daar is ook navraag gedoen by mnr. Johan Stronkhorst, hoof van Hoërskool Middelburg, waar Isabel ’n leerling was. Hy het gesê dat hy nie van boelievoorvalle bewus is nie.

Ten minste twee ouers wat foto’s, videos en WhatsApp-boodskappe op hul tieners se fone gekry het, het skermgrepe daarvan vir die joernalis gestuur.

“Dit moet stop!” het een ma (wat verkies om anoniem te bly) huilend uitgeroep.

“Hoe kan kinders vir mekaar boodskappe stuur, waarin daar geïnsinueer word dat selfmoord gepleeg moet word. Waar eksplisiete prentjies gestuur word waarin ’n 14-jarige dogter beskuldig word dat sy seks gehad het met ’n Nigeriër!”

’n Ander ma het in trane gesê dat sy nie meer gaan stilbly nie.

“Don’t kill my vibe”.

“Ons moet opstaan vir ons kinders! Ek sal tot plakkate laat maak waarop hierdie boodskappe wat tussen ons kinders rondgestuur word verskyn, om vir die wêreld te wys hoe erg dit is!

Ek gaan dit nie hier los nie. Dit het tyd geword dat hoofde, onderwysers en ouers wakker word. Ons kinders word geviktimiseer en geboelie en almal maak of hulle niks weet nie of draai ’n koue skouer!”

Die ma (wat ook op die stadium anoniem wil bly) het melding gemaak van ander gevalle in die nasionale media waar jong kinders selfmoord gepleeg het, omdat hulle geboelie is.

“Ons kan nie toekyk dat ons kinders in pyn verkeer nie. Hulle is ons land se toekoms en ons is die enigstes wat hulle nou kan help.”

Een van die “Memes” wat op ’n graad agt WhatsApp groep gestuur is.

Die vrou het gesê dat die kinders nie net geboelie word nie, maar dat hulle ook blootgestel word aan grusame foto’s en krutaal op WhatsApp klasgroepe

• Die joernalis het skermgrepe gekry van meer as 100 WhatsApp boodskappe, memes en foto’s wat die ouers op hul kinders se fone gekry het.

Van dit is só erg, dat dit nie gepubliseer kan word nie.
Ons gee net beskrywings van ’n paar.

• Daar is onder meer prentjies wat saamgestel is in memes wat wys hoe ’n persoon homself moet skiet.

• Op nog foto’s word gewys hoe ’n meisie oor ’n hoë muur klim (eerste foto), waarna die volgende foto volg met haar op die grond, klaarblyklik dood.

• ’n Grusame ongelukfoto waar ’n skerp staalstruktuur in ’n man se kop gesteek het, is rondgestuur met die byskrif: “LOL, I’m a Unicorn.”

• Op ’n WhatsApp groep, genaamd “GR8 Chat Group” is boodskappe geplaas soos: “Jebo, jy’s seker by Virgin Active, die probleem is, jy’s virgin, maar nog nie active.”

• Op dieselfde groep vra ’n graad agt leerling vir sy maats: “Julle asseblief, sit die f..n huiswerk op die groep!”

• Daar word op die groep ook gepraat oor ‘soen’ waar ’n meisie gesê het sy het haar eerste soen by haar ma gekry. Die boodskappe wat daarop gevolg het, het die ma ontstel.

“Ten minste het ek ’n ma, en ’n ou, nie soos jy wat vir (’n naam is gegee) n… (degraderende woord vir seks) nie!”
Hierop het gevolg: “Ek ook, sy’s mooier as joune en ryker. Hoor jou pa is op milk island, ek’t hom getry orals soek.”

Nog ’n seun se bydrae was: “Ek crossfit en gym by Planet, want ek het geld, sy kan nie eers ’n pie koop nie,” (waarin daar gespot is met ’n dogter wat arm is).
En een het gesê: “Die nuwe juffrou het seker vir julle katkos gevoer.”

• ’n Spotprentjie van Shrek (kinderverhaal-karakter) met ’n skerp mes bokant sy kop is ook rondgestuur met die byskrif: “Ek gaan jou tollie afkap.”

• Ander boodskappe wat met memes vir dogters gestuur is, sluit in: “Kom reg in die naam van jouself”, “Ek het my sielkundige vertel van jou”, “Gaan borsel jou tande”, “Val in ’n gat”, “I eat smart people, so you’re safe”, “Rape Time”.

Nog een van die boodskappe wat vir ’n meisie gestuur is.

Back to top button