News

Suid-Afrikaners mal oor gemeenskapskoerante

“Suid-Afrikaners is mal oor gemeenskapskoerante!”

So het die Prontuit aanbieder, regisseur en televisievervaardiger, Kabous Meiring, Donderdag gesê tydens ’n joernalistiek-simposium by Leriba in Pretoria, wat deur Akademia aangebied is.

Ervare joernaliste het as sprekers opgetree, waaronder Barnard Beukman (redakteur van Beeld), Atoinette Slabbert en Pieter Steyn van Rapport en Maygene de Wee, spesialisverslaggewer by Netwerk24. Die paneelgesprek is gelei deur Heindrich Wyngaard van die Kaapse Forum

Professor Johannes Froneman, wat ’n buitengewone professor in kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit was en deesdae in beheer is van die webtuiste, Mediamense.com, het by die geleentheid sy nuwe boek oor die Afrikaanse media, “Ter wille van oorlewing, ideologie en geld” bekend gestel.

De Wee het in ’n emosionele aanbieding gepraat oor kindermoorde in die Wes-Kaap waaroor sy berig het en gesê daar is deesdae te veel “telefoon joernalistiek”.
Daar is volgens haar baie uitdagings vir koerante maar ook baie geleenthede.

Die impak wat die media op Suid-Afrikaners het en veral die intiemheid van beriggewing, het deurentyd tydens die simposium navore gekom. Tydens die paneelbespreking het Slabbert vertel van ’n berig wat sy gedoen het oor drie bejaarde walvisjagters.

Toe sy besig was om uit te stap, het een van die mans oor sy seer bene gevryf en opgemerk: “Nou kan my kinders ook eendag weet ek was iemand”.

Ander pitkos tydens die simposium was:

•Koerante kan altyd verbeter.

•“Ons“ het “ons” identiteit verloor, daar is ’n slagofferskap – al wat oorbly is om uitnemend te wees.

•Dit is nou die tyd om anders te skryf – om beter te skryf.

•Dit vat ewe veel tyd om ’n slegte produk as ’n goeie produk in die mark te sit.

•Gemeenskapskoerante het dalk verander, veral na Covid-19, maar het hulle mashoof behou.

•Geld moet nie as verskoning gebruik word nie.

•Dit gaan nie daaroor om pryse te wen nie, maar “oor ons mense”.

•Daar moet meer ondersoeke gedoen word.

•Die baie jong joernaliste het mentors nodig.

•Daar is ervaring nodig in redaksiekantore.

•Koerante moet respek vir hulle lesers behou.

Die simposium is ook bygewoon deur Tobie van den Bergh, redakteur van die Middelburg Observer/Daller en Daller Express en die Mpumalanga en Limpopo verteenwoordiger op die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se direksie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button