News

Diewe steel skool se kameras

Diewe het Vrydag in die vroeë oggendure kabels en kameras by Laerskool Kanonkop gesteel.

Mnr. Riaan Kruger (hoof) sê hy weet nie hoe die diewe by die skool ingekom het nie, maar vermoed hulle het oor die palissadeheining geklim.
Met Mid Alarms se aankoms, het hulle bykans ’n asblik vol kabels opgetel, wat die booswigte laat val het om weg te kom.

Mnr. Kruger sê alhoewel die diewe nie fisies ingebreek het nie, het hulle die kabels en kameras op die eerste vloer gesteel. Hulle het ook die verlengkabels, om hul Wifi-opvangs te versterk, afgehaal.

“Alhoewel ons die meeste kabels teruggekry het, kan ons niks daarmee doen nie, omdat die omhulsels om die kabels afgehaal is. Ons sal alles moet herbedraad.”

Alhoewel die meeste kabels teruggekry is, kan dit nie gebruik word nie, omdat die omhulsels (trunking) verwyder is.

Dit is nie net die kostes om alles te vervang wat ’n probleem is nie, maar ook die ongerief wat die personeel en leerlinge verduur.

“Hulle is besig om alles te vervang, maar in hierdie tyd wat dit gedoen word, het ons géén internet nie!”

Mnr. Kruger het gemeld dat hulle nou permanente wagte aangestel het.

• Daar is gedurende die vakansie by die Kleuterskool Kabouterland (kleuterskool op die skoolperseel) ingebreek en onder andere ’n televisiestel gesteel.

Die kabels uit uit die omhulsels getrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button