Cobus Fourie reg vir Spanje
Cobus Fourie (66) het Saterdagoggend met sy fiets Duvha toe gery en die middag ook aan die provinsiale landloop liga by Midack deelgeneem. Alles ter voorbereiding om Suid-Afrika oor net meer as ’n week by die wêreld-tweekampkampioenskap in Spanje te verteenwoordig.
Twee van sy mede-klublede van Middelburg Fietsryklub en Middelburg Marathonklub het ’n trustfonds gestig, sodat Cobus aan die kampioenskap in bergfietsry en veld-pad-hardloop en in padfietsry en hardloop, kan deelneem.
Die “Cobus Fourie Trustfonds” word geadministreer deur Theo Pistorius Prokureurs en daar word steeds gepoog om R40 000 in te samel.
Indien daar fondse oorbly, sal dit in die toekoms aangewend word vir jong, behoeftige, sportdeelnemers.
Sy twee medeklublede, wat anoniem wil bly, het elkeen R1000 tot die trustfonds bygedra.
Daar was selfs ’n oud Middelburger uit Japan wat R1000 geskenk het.
Die Nedbank Trustfonds rekeningnommer is 9023218951 met jou naam as verwysing.
