News

Lig binne sekondes gesteel

’n Dief het Sondag binne sekondes ’n solarlig in Kitchenerstraat (Dennesig) gesteel.

Diefstalle van solarligte neem by die dag toe.

Boonop kom hulle nie net in die nagte nie, maar vat sommer hul buit helder oordag.

Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) het videomateriaal beskikbaar gestel waar ’n boef Sondag om 15:00 by die erf in Kitchenerstraat (Dennesig) oor die palissade heining geklouter het.

Hy het daarna op ’n tuinstoel geklim, blitsig die lig afgehaal, van die stoel afgespring en die stoel net daar gelos, voor hy die lig onder sy baadjie versteek en weer oor die heining gevlug het. Wat opmerklik is, is dat hy nadat hy weer in die straat was, rustig weg geloop het.

• Die volgende dag is daar in Hoogstraat ook toegeslaan. ’n Hoë paal is omgestoot en die ligte, wat aan die bopunt was, is uitgeruk.

• Mnr. Hill sê die diewe verkwansel die ligte baie vinnig en hy vra dat indien ’n persoon van die ligte probeer verkoop of as hul ligte gesteel word, dat mense dit by die polisie en by die Dagpatrollie moet aanmeld by 083 870 9693. Hulle wil ook ’n databasis saamstel van die diewe (in geval waar videomateriaal beskikbaar is).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button