Oud Puma rugbyspeler wag vir verhoordatum
Dawie Nel het vandag in die Pretoria Sentraal Landdroshof op ’n klag van moord verskyn.
Nel het by Hoërskool Kanonkop matrikuleer en ook vier maal vir die Puma rugbyspan tussen 1997 en 2001 uitgedraf.
Nel het intussen nuwe regsverteenwoordiging gekry by die resgshulpraad.
Daar word beweer dat Nel in 2020 ’n vriendin by sy Meyerspark huis in Pretoria vermoor het na ’n argument.
Hy is al meer as twee jaar in aanhouding as verhoorafwagtende.
’n Verhoordatum is nog nie vasgestel nie.
Volgens die Silverton polisie wag hulle vir ’n nuwe verhoordatum in die hooggeregshof.
Die dossier is vandag na die hooggeregshof oorgeplaas, en die saak is uitgestel tot later vanjaar.
•Nel was ’n uiters belowende voorry en voor sy arrestasie ’n sakeman wat swembaddens gebou het.
