News

Misdadigers teiken televisiestelle

Mid Alarms het die afgelope drie weke talle vermeende misdadigers vasgetrek en aan die polisie oorhandig.

Mnr. Johan Oberholzer (operasionele bestuurder, Mid Alarms) het vertel van verskeie voorvalle waar hul reaksiebeamptes blitsig reageer het na alarms en verdagtes vasgetrek het.

• Op 28 Maart is reaksielid Jan van Staden uit na Literstraat, waar vandaliste reeds groot skade aangerig het.
’n Verdagte is in die gebou gearresteer en ’n sak met kabels is buite gevind.

• By dieselfde perseel het die vandale al ’n gat in die muur gekap, met deurgang na ’n ander perseel in Randstraat waar daar duisende rande se skade aangerig is met pype tot parte wat gesteel is.

Kort daarna het reaksielid Jarred Bezuidenhout ’n verdagte op die perseel in Randstraat vasgetrek en het hy terwyl hy weg gehardloop het, ’n sak met parte laat val. Ook hy is aangekla vir betreding.

Die kabels wat losgeruk en afgeknip is by ’n besigheid.

• Net ’n paar dae later was Jarred op pad na dieselfde perseel in Literstraat, omdat ’n alarm afgegaan het, toe hy by die perseel in Randstraat verby ry.
Hy het gesien dat ’n persoon besig is om iets onderdeuir ’n hek te trek.

Die oomblik toe die booswig hom sien, het hy begin hardloop en is Jarred agterna.

Reaksielid Hendrik Jansen van Rensburg het opgedaag vir ondersteuning en hulle het die boef vasgetrek.

• Verlede week is daar wéér ’n alarm gekry in Literstraat en was reaksielid Tiaan Louw blitsig by die perseel.

Die oomblik toe hy oor die muur kyk, het hy gesien dat ’n verdagte op die perseel rondkruip, waarop hy by die perseel in is en hom vasgestrek het.
Hy het egter agtergekom dat daar agter die rommel ’n tweede verdagte is en hy het hom agterna gesit.

Die booswig, met Tiaan kort op sy hakke, het oor die muur gespring, waar hy hom vasgespring het in reaksielid Bennie Landman.

Mnr. Oberholzer sê een van die verdagtes is ’n gewoontemisdadiger en hulle het hom al ten minste twee keer vantevore gearresteer.

“By die polisiestasie was die polisie só besig met ander geharde misdadigers, dat daar vir hierdie twee waarskuwingsbriewe gegee is en hulle laat gaan is.”

• Mid Alarms het ook reageer op die Middelburg Observer se alarm toe daar ingebreek is.

Terwyl Jarred nog op pad was na die kantore van die koerant, het hy opgemerk dat daar ’n hele ent van die sypaadjie af ’n rekenaarskerm, versteek in die veld lê.
Hy het ondersoek ingestel en alles wat gesteel is by die koerant, teruggevind.

Die verdagte was reeds weg met hul aankoms, maar ons CCTV-videokameras het ’n duidelike beeld van hom gekry.

Die man wat ingebreek het by die Middelburg Observer. Hy het sy buit tussen gras in Beyers Naudestraat verstreek, maar Mid Alarms het alles teruggekry. Die dief het weggekom.

Mnr. Oberholzer noem dat dit ’n algemene tendens onder inbrekers is om hul buit eers vir ’n rukkie weg te steek.

“Sou jy hom naby die area kry waar daar ingebreek is, het hy niks by hom nie. Eers later gaan haal hulle gewoonlik hulle buit waar hulle dit versteek het.”

• Met die diefstal van kabels by Laerskool Kanonkop, het Mid Alarms ook vinnig gereageer en kabels teruggekry wat op die eerste vloer geknip is.

• Vroeër hierdie week het Mid Alarms gehelp met ’n arrestasie nadat ’n fietsdief agterna gesit is deur lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3.

• Mnr. Oberholzer het gemeld dat hulle tans ’n geweldige toename het van inbrekers wat hulle toespits op net televisies.

“By ’n hele paar van ons kliënte het die inbrekers ingekom, alle ander waardevolle artikels gelos en net televisies gevat.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button