News

Tot kinders ry patrollie om kabeldiefstalle te stop

Die gemeenskap van Hendrina het hande gevat en nie net kabeldiewe ’n ding of twee gewys nie, maar ook misdaad laat afneem.

Rdl. Corrie Wolmarans (VF+) vertel dat hy en sy vrou, Marlie, op 26 Maart besluit om ’n patrolliegroep in Hendrina te begin om die steel van kabels en die vandalisme van substasies te voorkom tydens beurtkrag.

“Elke nag was daar skade aangerig en ons elektrisiëns het moedeloos begin raak!”

Op 28 Maart het die eerste skofte begin ry gedurende beurtkrag.

“Daardie selfde aand het alles opgehou en tot dusver was daar nog nie weer een keer kragkabels gesteel of substasies oopgebreek en gevandaliseer nie. Kleiner misdade soos die steel van tuinslange en solarligte vind nog plaas, maar dis beslis baie minder as voorheen waar dit elke nag en gedurende die dag plaasgevind het.”

Rdl. Wolmarans vertel trots dat hulle op hierdie stadium al 80 mense met 45 voertuie is wat om die beurt patrollies ry.

“Daar is vroue, mans en selfs kinders wat saam met hul ouers patrollie ry.”

Hy het gemeld dat almal dit vrywillig doen en dat hul lyste ook reeds vol is tot volgende naweek met mense wat sê hulle wil patrollies ry.

“Hendrina se mense het weereens saamgestaan om ons dorp terug te neem van die mense wat soveel skade aan ons infrastruktuur berokken het. Ek as raadslid van VF Plus weet wat dit die munisipaliteit kos met hierdie kabeldiefstal en vandalisme!”

• Rdl. Wolmarans het die gemeenskap bedank vir hul bereidwilligheid om sáám teen die misdaad te veg.

• Daar is verskeie foto’s saamgestuur wat geneem is kort voor een van die skofte die dorp in is om patrollie te ry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button