Balmoral se Anglo-Boereoorlog geskiedenis onder vergrootglas
Balmoral se geskiedenis in die Anglo-Boereoorlog sal Saterdag herroep word.

Die geskiedkundige terugblik sal om 09:00 afskop by die Anglo-Boereoorlog Restaurant, Sergeant Pepper.
Dr Ian Schutte en Peet Coetzee, outeurs van die boek “Treinvernielers” sal as gassprekers optree.
Gebeure in en rondom Balmoral gedurende 1899 tot 1902 sal bespreek word.
Die organiseerder, Nick van der Merwe, sê terreinbesoeke gaan ook gedoen word.

Die stasie, hotel en twee konsentrasiekamp begraafplase sal onder meer besoek word.
Interessante inligting gaan gedeel word, soos waar die boerekinders hokkie en krieket gespeel het.
One Tree Hill die blokhuise en skanse sal ook besoek word afhangende van beskikbare tyd na die voorleggings deur gassprekers en films oor die destydse konflik.
Diegene wat belangstel om die dag mee te maak kan mnr. Van der Merwe by 083 619 8418 skakel vir inligting en aanwysings.
