Ooggetuie van ongeluk op brug gesoek
Daar word gesoek na die ooggetuie van ’n ongeluk wat op 20 Junie 2020 gebeur het.
Die ongeluk het by die silo’s op die Samora Machelstraatbrug plaasgevind.
Tydens die gebeure het ’n blou Mercedes en ’n wit NP200 bakkie gebots.
Die Mercedes het die pad verlaat en die kant staalversperring het deur die voertuig gesteek.
Mnr. Jaco Botma, wat die Mercedes bestuur het, moes deur brandweerpersoneel met die kake-van-lewe uit die voertuig gesny word.
Hy het ernstige buik-, heup- en borsbeserings opgedoen en sy toestand was vir etlike dae kritiek. Hy was ook aan ’n ventilator gekoppel.

Die NP200 bakkie het op sy dak beland.
Die insittendes was mnr. Gustav Lubcker en me. Bianca Muller. Me. Muller het behandeling gekry vir ’n sny aan haar kop en het later gesê dat sy haar bewussyn vir ’n oomblik verloor het met die slag. Mnr. Lubcker het nie beserings opgedoen nie.
Die ooggetuie kan Daleen Naude by die Middelburg Observer bel by 013 243 1434 of ’n WhatsApp stuur na 072 248 3855.
