News

Wendy-inbreker slaan tweede keer toe

’n Booswig het vir die tweede keer by Wendy-huise op ’n erf in Kanonkop ingebreek.

Me. Melissa du Preez het vanoggend die lede op die WhatsApp-groep van die gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 4 ingelig dat daar by hul Wendyhuis in Kanonkop (hoek van Karee- en Oribistraat) ingebreek is.

“Dit is die tweede keer dat iemand by een van die Wendy’s op ons erf inbreek.”

Sy is kort na 05:00, net toe beurtkrag begin het, gewek deur ’n klapgeluid. Sy het na buite geloer, maar die Wendyhuis is nie binne sig van hul kamervenster nie.
Kort daarna is hulle na buite, waar hulle opgemerk het dat dit die Wendyhuis se deur is wat in die wind oop- en toeslaan.

Me. Du Preez sê dat die dief die sluitmeganisme, waaraan die slot haak, uitgehaal en dit met slot en al op die grond gegooi het.
Alles in die Wendyhuis wat in bokse of in sakke was, is oopgeskeur om te kyk wat binne-in is.

“Ons weet nie op hierdie stadium of daar enigiets gesteel is nie, aangesien alles deurmekaar gegooi is binne. Tydens die vorige inbraak by die ander Wendyhuis het dieselfde gebeur. Alles is ook so deurmekaar gegooi.”

Sy het vies gesê dat daar ook al twee keer ’n tuinslang by hulle gesteel is.

“Ons het ’n hoë palissadeheining. Ek weet nie hoe die dief in die erf gekom het nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button