News
Motorfietsryer met ‘geheueverlies’ se familie opgespoor
Nuus oor die ongeluk het vinnig op sosiale media versprei en sy vrou is opgespoor.
’n Motorfietsongeluk naby Kroonstad het die Middelburg gemeenskap in rep en roer gehad nadat daar vermoed is dat die slagoffer ’n inwoner van die dorp was.
’n Plasing op Facebook het vertel dat die man, wat geïdentifiseer was as Schalk Burger, in ’n ongeluk was naby die Grasmere Tolhek buite Kroonstad oor die naweek. Die man kon niks onthou nie en ook nie ’n nommer van sy naasbestaandes verskaf nie.
Hy is na Baragwanath Hospitaal geneem.
Volgens ’n plaaslike motorfietsryer, is die man nie van Middelburg af nie.
Sy vrou is ook opgespoor en die paartjie is herenig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
