Bejaarde jaag deur Fabric King se voordeur tot in winkel
Die vrou was steeds bewusteloos agter die stuur toe sy te hulp gesnel is.

’n Bejaarde vrou het groot skade aangerig toe sy kort na 11:00 met haar voertuig deur Fabric King se voordeur gebars, en in die winkel tot stilstand gekom het.

Die vrou het reeds ‘n verklaring by die polisie afgelê maar volgens getuies weet sy self nie mooi wat gebeur het nie.

Die vrou het aan die eienaars verduidelik dat sy haar bewussyn agter die stuur verloor het.

Sy het glo gepoog om die handrem op te trek, maar daarna onthou sy niks.

Die vrou was steeds bewusteloos agter die stuur toe sy te hulp gesnel is.

Sy is sekondes later bygebring, maar was erg deurmekaar.

Sy is gelukkig nie in die voorval beseer nie, maar die winkel se voorruite en deur is uitgery.

Die voertuig het regdeur die winkel gejaag, en teen die agterste grensmuur tot siltstand gekom.
Daar is reeds begin met opruimings en die voertuig is ook van die toneel af verwyder.
