Hulle is albei produkte van HTS Middelburg, die een is ’n vyftienman Springbok, die ander een ’n sewes Bok. Wanneer Boeboes Coetzee vanmiddag (28 April) saam met JC Pretorius vir die Leeus teen die Pumas op die veld draf in ’n Curriebeker wedstryd sal dit “Oom Boeboes” wees vir die jongeling.
Boeboes (Andries) Coetzee het al vir die Bokke heelagter gespeel toe die blondekop nog nie eers baard gehad het nie.
Skryf die naam JC Pretorius maar neer. Toe hy verlede week vir die Leeus teen die Blou Bulle as plaasvervanger opgekom het, het hy dadelik deur ’n laagvat gebars.

Net soos hy jare gelede in die trui van HTS Middelburg in die derby wedstryde teen Hoërskool Middelburg gedoen het.
As daar een speler is wat vanmiddag, om 17:00, amok teen die Pumas kan maak in Johannesburg is dit Pretorius.
Coetzee is ’n ou kalant wat al in 2011 sy debuut vir die Leeus gemaak het.
Pretorius het in 2019 sy buiging vir die serwes Bokke gemaak.
