News

VIDEO: Betreder laat spaander voor kwaai honde

Hy het ook direk in die kamera ingekyk.

Twee groot honde het ’n betreder gisteraand laat spaander by ’n huis in Kanonkop.

Lede van die Sektor 4 Nood Radiogroep (Kanonkop/Dennesig/Middedorp) en die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum was gisteraand bedrywig toe daar bykans gelyke tyd op WhatsApp-groepe gesê is dat hulle probleme het met betreders.

CCTV Videomateriaal wys dat ’n boef rondgesluip het in Impalastraat en ook onder ’n afdak langs ’n voertuig op die grond rondgekruip.

Hy het ook direk in die kamera ingekyk.

Voordat hy egter enigiets kon steel, het twee groot honde hom agterna gesit en het hy met die spoed van witlig in die erf afgehol en oor die muur verdwyn.

Die lede is ook uit na ’n huis in Oribistraat waar ’n betreder op die erf was.

Met hul aankoms, was hy reeds weg en het die lede in die omgewing rondgery om hom te soek.

’n Klein rukkie later het hulle ’n hopie van sy klere naby die taxistaanplek in die veld in Kanonkop (Sipresweg) gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button